Welcome to Spectacle Warehouse Willowbridge



Sonja Moolman

OPTOMETRIST


Ek is in Benoni gebore en het my skoolloopbaan voltooi aan Laerskool Northmead en Hoërskool Brandwag. Na skool het ek my studies voortgesit by RAU, waar ek Optometrie studeer het. Ek leef op Adrenalien! Ek is in my noppies as daar meer as drie dinge is wat my aandag vereis. Dit dryf my om dan vinniger by alles uit te kom. Ek het twee seuns, Danré (5) en Wian (amper 2), wat my op my knieë en tone hou. Ek verruil die tyd wat ek het saam met hulle kan spandeer, vir niks. Daar is niks so lekker as om na 'n lang dag by die huis te kom en die twee my tegemoet hardloop sodra ek in die garage intrek. Dis 'n onbeskryflike gevoel. Ek is die "besige", waar my man, Werner, weer die rustigheid self is en mal is oor sy sport en krieket...ek is dankbaar vir hom, want hy hou my voete op die aarde. Ek is mal oor die Paediatriese kant van optometrie. Ek geniet dit om met kinders te werk en veral om 'n kind met 'n probleem het te kan help, deur saam met al sy terapeute ‘n holistiese benadering te gebruik. My grootste droom en uitdaging is om die Visie en Leer Kliniek saam met Carmen te laat groei en meer en meer kinders te help. Ek hou ook van 'n Ergonomiese benadering. Die kant waar kantore en besighede se beligting, werksareas ens. die kwaliteit van my pasiënte se visie beinvloed. Deur ‘n paar veranderinge aan die werksomgewing aan te bring, kan 'n baie groot effek/invloed hê op die kwaliteit van visie en die werksvermoë van ‘n persoon. Ek moes kies tussen Aptekerswese en Optometrie. Ek glo die Here het Elna Sadie oor my pad gebring met ‘n doel. Sy was my Ma se oogkundige en het my alles geleer wat ek moes weet. Sy het my ingeneem en gewys wat is Optometri. Dit het my dadelik laat besef ek wil soos sy eendag mense help. Sy het ‘n baie suksesvolle praktyk gehad. Wat vir my uitgestaan en aangetrek het was haar hart vir mense. Ek hoop dat ek ook eendag soos sy mense kan help.

Stephanie

OPTOMETRIST


Suzanne

OPTOMETRIST


Nelrike

OPTOMETRIST


Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.
Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.
X
preloader